 |
DIE SENTRUM VIR MISTIEK
Die Sentrum vir Mistiek is ‘n nie-winsgewende organisasie wat bestaan vir die bevordering van die bestudering en verstaan van mistiek en die historiese en huidige betekenis daarvan.
Ten einde hierdie doelstelling te bereik ...
- verstaan die Sentrum dat ‘mistiek’ die volgende dimensies impliseer:
- verligte wysheid en insig
- helderheid van emosies en wil, en
- klaarheid van universele welwillendheid en milddadigheid
- verstaan dit mistiek as gedeeltelik oorvleuelend met die terreine van religie, wetenskap, filosofie en esoterika
- respekteer dit alle historiese uitingsvorme van die mistiek
- aanvaar dit dat die mistiek in die basiese konstitusie van die menslike spesie gewortel is
- neem dit die bymekaarkom van alle historiese vorme van mistiek in die wêreld van vandag en môre in oop, vriendelike en kritiese gesprek waar, en bevorder dit
- neem dit deel aan ‘n gesprek met die wetenskappe (die natuurwetenskap, psigologie, sosiologie, geskiedenis, ensovoorts)
- versprei dit inligting oor verbandhoudende literatuur
- organiseer dit samesprekings, konferensies, ensovoorts
- dra dit by tot die ontwikkeling van ‘n breë, insluitende historiese raamwerk vir die verstaan van mistiek
- dra dit by tot teorievorming oor mistiek
|
KONTAKBESONDERHEDE
Posadres: Posbus 73714, Lynnwoodrif 0040, Pretoria (Tshwane), Republiek van Suid-Afrika
Faks: (+27)12-803-5499
Telefoon: (+27)12-803-5749
Sel: 076-070-3434
EPos:
|
|
 |